News

Wen biltong en ete

Die lekkerste geelvet biltong, 'n hele kilogram daarvan, en 'n ete ter waarde van R300, kan gewen word!

Dit is Saterdag Rugby Wêreldbeker eindstryd en dit is Suid-Afrika teen Engeland. Om Bokgees aan te vuur, is die Middelburg Observer nie net ekstra Bokgroen nie, maar gee ons twee pryse weg.

Biltong&Deli Factory in die OK Grocer gebou in Meyerstraat, spog met “die beste biltong ooit”. Dit is nie sommer leë woorde nie. Diegene met ‘n voorliefde vir biltong en droëwors, sê as jy eers eenkeer van hulle biltong geëet het, jy nie weer op ‘n ander plek koop nie.

Een kilogram biltong kan gewen word deur die leser wat die telling tussen Suid-Afrika en Engeland die naaste raai.
Dan gee Jitters Restaurant en Braai ‘n R300 eetbewys.

Dié restaurant is ook in die OK Grocer gebou.

Vul net die inskrywingsvorm op bladsy twee in en handig dit in by Biltong&Deli Factory of by Jitters. Daar is twee houers beskikbaar vir inskrywingsvorms.

Net oorspronklike inskrywingsvorms mag gebruik word en onthou, hoe meer jy inskryf, hoe beter jou kans om te wen.
Die sluiting is om 11:00 op 2 November, wanneer die twee spanne afskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button