Jong vrou wys hardebaarde hoe op jagveld
Middelburg se eie Andrea Potgieter (24) was pas deel van ’n jagproduksie vir televisie!

Die produksiespan is Huntech Game & Outdoor en Andrea het aanlyn ingeskryf. Sy is vroeg in Oktober in kennis gestel dat sy die gelukkige jagter is wat op die plaas Wildebeespan Home of the Bowhunter (naby die Botswana-grens) sal gaan jag.

Sy jag eintlik net met groot kaliber wapens en dit was vir haar ’n nuutjie om met ’n kruisboog te skiet.
Andrea het egter sekuur ’n blouwildebees en ’n vlakvark platgetrek.
Persone wat wil weet wanneer dié jaguitsendings uitgesaai gaan word of meer oor haar wedervarings wil uitvind, kan gaan kyk op haar Blog: “Pink Impala” of stuur ’n e-pos vir Andrea by Pinkimpala2061@gmail.com.

Vir meer inligting oor Huntech Game & Outdoor, besoek hul webtuiste by www.huntechpro.co.za.
•Op die video kan gesien word wat Huntech Game & Outdoor se produksiespan doen.
•Andrea is nie net ’n professionele jagter nie, maar ook ’n kranige varswater- en diepseehengelaar!

