News

Trok wat vir verkeerkonstabel wegjaag se wiel uitgeskiet

’n Vragmotorbestuurder, wat skynbaar besluit het dat hy nie lus is om sy lisensie vir ’n verkeerskonstabel te wys nie, het sy rieme styf geloop toe hy agterna gesit is nadat hy weggejaag het. 

Bester Maree van Acsu Sekuriteit in Hendrina sê volgens hulle inligting is die bestuurder deur ’n verkeerskonstabel in Hendrina voorgekeer en gevra vir sy bestuurslisensie, nadat die vragmotor onwettig geparkeer gestaan het.

Marli Wolmarans, kantoorbestuurder van Acsu in Hendrina, sê dat die bestuurder na bewering vir die verkeerskonstabel gesê het dat as sy sy lisensie soek, sy dit by sy bestuurder kan gaan vra.

Hy het versuim om dit te gee en het weggejaag. Die verkeerskonstabel het om agterna gesit maar die trok het geweier om te stop. Acsu reaksie offisier op patrollie het die voorval gesien en hand bygesit. Die trok het met die Arnotpad uit Hendrina gejaag en die polisie is ook intussen ontbied.

In die jaagtog wat gevolg het, het die vragmotor byna met polisievoertuie en privaat motors gebots.

Acsu Sekuriteit reaksie-offisiere het die vragmotor agterna gesit. In ’n poging om die swaar voertuig tot stilstand te bring, is een van die trok se wiele uitgeskiet. Die vragmotor is uiteindelik in Arnot voorgekeer en die vragmotorbestuurder is gearresteer.

Een van die reaksieoffisiere het die vragmotor terug Hendrina toe bestuur. Die vragmotor behoort aan ’n groot kettingwinkel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button