News

Vier watermeters laasnag gesteel

Strome water het die lug ingespuit en skade aangerig nadat vier watermeters laasnag in Viljoen-, Gilfillan en Framestraat in Middelburg gesteel is.

Me. Corrie Kasselman sê hulle is kort voor vyfuur wakker geklop met mense wat hulle in kennis gestel het dat die water uit die grond uit spuit.
Met nadere ondersoek het hulle gesien dat die watermeter deur die nag gesteel is.

Hulle het kort daarna verneem dat nog drie ander watermeters gesteel is.

“Die water spuit al ure so en met hierdie pappery gaan my muur omval! Wie gaan vir die skade betaal?” het me. Kasselman bekommerd gesê.

Lees ook: Weeberstraat inwoners ‘spoel weg’ na watermeters afgesteel word

Rdl. San-Mari Wait sê die diefstal van die watermeters is al vir meer as ses weke ’n ernstige probleem in Groenkol en Mineralia.

“Byna elke nag word daar watermeters beskadig of gesteel. En al wat hulle vat is daardie klein stukkie koper!”

Sy vertel dat daar elke keer skade aangerig word weens die baie water wat die lug inspuit en in erwe en selfs in huise en motorhuise beland.
Rdl. Wait vra dat mense dadelik die polisie moet kontak as hulle sien iemand breek die watermeters.

Alternatiewelik kan hulle hierdie probleme aanmeld by die volgende nommers: 013 249 7344, 013 249 7348, 013 249 7349 of 013 249 7207.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button