News

Klankgreep: Ma gil “Los my kind!” toe man met mes haar kleuter gryp

’n Man gewapen met ’n mes het Woensdagmiddag ’n kleuter uit sy ma se motor in die middedorp in Middelburg gegryp en gedreig om haar dood te steek toe sy hom agterna sit. 

’n Video van die voorval word wyd op sosiale media versprei. Uit respek vir die familie, wat erg getraumatiseer is, het www.mobserver.co.za besluit om nie die video nou te gebruik nie.

’n Klankgreep, wat van die video afgehaal is, beskryf die angswekkende oomblik toe die twee-jarige seun uit die motor gegryp is.

Daarop kan gehoor word hoe die ma haar kinders waarsku oor die skelm wat verby hulle motor loop. Oomblike later is daar ’n harde slag en iemand wat gil voordat daar gehoor kan word hoe die ma skree “Los my kind!”

Die video wys hoe die kleuter se boetie die man agterna sit.

In ’n stem-pos wat saam met die video gesirkuleer word verduidelik die ouma dat die ma onder die indruk was dat haar voertuig se deure outomaties sou sluit.

Lees in hierdie Vrydag se uitgawe van die Middelburg Observer hoe ooggetuies vertel van die nagmerrie voorval.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button