News

Plaaseienaar agter tralies nadat hy man doodskiet

'n Man wat op ’n plaas in ’n kar betrap is, is doodgeskiet, maar nou sit die plaaseienaar in die tronk.

Die voorval het op die plaas Eensome naby Roossenekal plaasgevind.

Mnr. Willem Daniel Ackermann het glo ‘n lig binne sy Honda CRV voertuig gesien, wat op sy perseel parkeer was.
Hy het nader gegaan en ‘n onbekende man binne die kar gesien.

Volgens mnr. Markus Basson, wat vir vyf jaar die voorsitter van die Plaasveiligheidsforum vir Roossenekal was, het mnr. Ackermann die man gevra, wie hy is en wat hy soek.

Volgens die polisie het die verdagte uit die voertuig geklim en na mnr. Ackermann toe beweeg.
Die polisie sê dat daar vyf skote in totaal gevuur is en dat die verdagte noodlottig gewond is.

Volgens mnr. Basson is daar ook ‘n mes op die toneel gekry.

Die ambulansdienste het die verdagte op toneel dood verklaar.

Mnr. Ackermann is gearresteer op die aanklag van moord en het reeds in Groblersdal se landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel tot ’n latere datum.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button