News

Mense sak inmekaar – kan niks onthou nie

Nasionale media het gister berig “21-jarige se hart staan vyf minute lank. Dokters krap kop oor die oorsaak”.

Dit is net ’n week nadat die Middelburg Observer berig het: “Plaaslike medici krap kop oor drie noodgevalle waartydens inwoners net skielik hul geheues, bewussyn en algemene liggaamsfunksies verloor het, maar ure later onverklaarbaar niks makeer het nie.”

Nasionale koerante het vertel van die Kovsie krieketspeler, Nathan Roux, wat topfiks is en geen familiegeskiedenis van hartsiektes het nie. Hy het in sy studentehuis inmekaargesak. Sy korttermygeheue is aangetas en hy kan niks van die voorval onthou nie.

“Dit is vir almal ’n vreemde en onverwagse geval,” is berig.

Lees meer: 21-jarige se hart staan vyf minute lank. Dokters krap kop oor die oorsaak

Nog toetse sou gedoen word om die oorsaak van die hartstilstand te bepaal.

In twee van die Middelburg gevalle kon slagoffers ook niks van die voorvalle onthou nie.

Die berig wat in die Middelburg Observer verskyn het.

Daar is talle ondersoeke op die een man gedoen, onder meer deur internis, dr. Augustine Chaumba en die neuroloog dr. Dusan Tatomir, wat geen fout kon vind nie.

• In nog ‘n geval is ‘n 15-jarige leerling van HTS Middelburg ook in die hospitaal opgeneem, nadat hy begin sukkel het om te loop.
Dié top kortafstand atleet weet ook steeds nie wat fout is nie.

Lees meer: Kovsie-krieketspeler se hart gaan staan skielik

Sy pa sê dat die tiener amper ‘n maand lank in die hospitaal was en tientalle toetse, onder meer vir Guillain-Barré sindroom wat negatief was, getoets is.
Hulle medies is nou uitgeput en spesiale toestemming moet verkry word vir meer toetse om te probeer vasstel wat met hom fout is.

Die seun sterk tans tuis aan, maar sal eers weer in Januarie volgende jaar agter die skoolbanke kan inskuif.
Hy toon tans goeie vordering, maar kla steeds oor seer bene.

• Dokter Jaco van den Bergh, die huisdokter van die een geval, sê dat verdere ondersoeke op die een pasiënt geregverdig is.

Hy het onlangs nog ‘n geval gehad waar ‘n pasiënt by die praktyk aangebring is, nadat sy skielik haar bewussyn verloor en daarna niks kon onthou nie.

“Tien minute later is sy met ‘n huppel in haar stap hier weg,” sê hy.

• Volgens dr. Chaumba is alle simptome van dié aard ernstig en moet intensiewe ondersoek gedoen word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button