Vrou herleef beweerde verkragting
Twaalf jaar nadat sy ’n verkragtingsaak geopen en niemand haar wou glo nie, het nog ’n vrou na vore gekom in die “kaptein Awie Geldenhuys-dossier”.
Sy en haar vriende het glo saam met die voormalige polisiekaptein, in 2007 by Amazon’s Restaurant gekuier.
Hulle het almal gou vriende geword.
“Ek het goeie rede gehad om hom te vertrou”.
Sy vertel dat hulle ’n paar keer na Geldenhuys se huis is, maar net altyd gekuier het.
“Die volgende keer wat ons gegaan het, was anders”.
Die groep is saam met hom na ’n polisiekroeg. Almal het weer gekuier waarna hy hulle na sy huis genooi is.
“Hy het my oortuig om die nag in sy dogter se kamer te slaap. Ek het hom vertrou en het ingestem”.
Lees ook: Die ander meisie op die sypaadjie
Volgens haar het hy voor hulle gaan slaap het, in die kombuis vir haar ’n pilletjie gegee.
“Hy het gesê dat dit my sal help slaap en dat ek beter in die oggend gaan voel”.
Die volgende wat sy onthou het, is dat sy deurmekaar wakker geword en weer aan die slaap geraak het.
“Ek het vreemde dinge gevoel en ook dat iemand seks met my het”.
“Ek het omtrent drie of vier keer wakker geword en probeer om die kombers van my gesig af te haal. Maar ek is elke keer net terug gedruk”.
Lees ook: Storm om Kaptein se kop kring uit
Die oomblik toe sy heeltemal tot verhaal kon kom, kon sy uiteindelik die komberse van haar gesig afkry.
“Ek het geskree wat de hel is jy besig om te doen!?”.
Sy beweer sy het op ’n manier haar klere aangetrek gekry en in die gang afgestrompel.
Sy weet dat sy op ‘n manier by die huis uit is “en met die genade van die Here na my huis bestuur het”. Tuis het sy haar suster gebel en vertel wat gebeur het.
“My suster het my oortuig om hospitaal toe te gaan. Die toetse wat die dokter gedoen het was ’n verskriklike verleentheid en het my erg getraumatiseer”.
Nadat dit afgehandel is, het ’n polisiebeampte haar verklaring afgeneem.
Lees ook: Vroue praat oor polisie kaptein
Hy was vriendelik en kalmerend en het na bewering genoem dat dit nie die eerste keer was dat iemand soortgelyke aansprake teen Geldenhuys gemaak het nie. Sy moes die volgende dag polisiestasie toe vir verdere ondervraging.
“Die vroue speurder wat my verklaring geneem het, was glad nie geïnteresseerd in wat ek te sê gehad het nie. Die tweede keer wat ek by haar was, het sy gesê sy ken hom en nie glo wat ek haar vertel nie!”.
Na hierdie gesprek “het alles tot stilstand gekom en die lewe het aangegaan”.
Sy het na ’n paar maande besluit om weg te gaan uit die dorp uit.
“Dit was duidelik dat niemand iets wou doen nie en ek het nodig gehad om aan te gaan met my lewe”.
Vandag voel sy hartseer en skuldig dat sy nie aangehou veg het nie, “veral vir Maryka en haar familie!”.
Geldenhuys is gebel en ’n boodskap is vir hom gelos, maar soos voorheen het hy nie geantwoord nie.
