News

EKSKLUSIEF – “Haat-pastoor” Harry Knoesen aangekla van terrorisme vir oproepe van burgeroorlog en staatsgreep

Die “haat-pastoor” Harry Johannes Knoesen (60) het Vrydag vlugtig in die Middelburg Streekhof verskyn waar hy formeel aangekla is van terrorisme.

Knoesen bly in aanhouding.

Hy word aangekla op ’n klag van terrorisme en verwante aktiwiteite.

Knoesen sou na bewering die regering om ver werp met die gebruik van aanvalsgewere, handgranate en vuurpyllanseerders.

Hy word verder daarvan beskuldig dat hy mass moord en geweld teen swart Suid Afrikaners aangehits het met verwysing op sosiale media na landsgenote as “daardie moordenaars, verkragters, martelaars en donker gemors”.

Hy het die staatsgreep onder die vaandel van die Nasionale Christelike Weerstandsbeweging, wat hyself op die been gebring het, beplan.
Hy en sy volgelinge het hulself ook die Crusaders op sosiale media genoem.

 

Verder het Knoesen talle volgelinge op sosiale media probeer lok met sy oproepe tot bloedvergieting van swart landsburgers, met direkte versoeke dat volgelinge “met hul wapens die strate in moet vaar en alle swartes moet skiet”.

Hy het ook gesê dat wit Suid Afrikaners, wat sy organisasie steun, ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie bymekaar moet maak.

Hy word direk daarvan beskuldig dat hy ’n voormalige lid van ’n veiligheidsmag gevra het vir die voorsiening van AK47’s, handwapens, ammunisie, handgranate en RPG7 vuurpyllanseerders, om die regering uit die kussings te lig met ’n burgeroorlog.

Knoesen het onder die radar van hofpersoneel en die media verskyn vir die oortreding van Seksie 2 van die Wet op Beskerming van Konstitusionele Demokrasie teen Terrorisme en Verwante Aktiwiteite, 2004.

Verdere arrestasies kan volg weens die landwye netwerk wat Knoesen opgebou het.

Talle verregses het hulself egter vir eie behoud van Knoesen en sy organisasie op sosiale media gedistansieer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button