Karps vrek in dam
’n Hengelaar geniet die sig van ’n vis uit die water, maar ook net as hy op die punt van hulle visstok is.

Inwoners wat daarvan hou om lyn nat te maak by die Middelburgdam, kla oor die groot karps wat in hulle hordes op die dam se oewer gevrek lê.
Een inwoner het bekommerd gebel, en vertel hoe hy maklik om en by die 50 dooie visse op die wal getel het.
David Nonyana wie in beheer is van die Middelburgdam se onderhoud, het bevestig dat hy self ’n paar visse opgemerk het, maar nie 50 nie.
Mnr Nonyana het verduidelik dat hy deur die week op vier karps afgekom het, en hulle is besig om ondersoek in te stel.
Hy het wel verseker dat die dam se water skoon is, ten spyte van die laat reënseisoen, en vermoed die visse wat vrek is as gevolg van die draai in die seisoen en hoë temperature.
