News
Inwoners wil trokke laat stop
Genoeg is genoeg! So voel gemeenskapslede wat naby die Kranspoortpas bly, wat gereeld op lyke afkom, nog voor die polisie of paramedici op die toneel is.

Boere in die omgewing het al derduisende rande se skade gely, wanneer ongelukke veroorsaak dat gevaarlike chemikalieë, soos suur, petrol en diesel, in hulle natuurlike waterbronne beland.
Die pas is verbreed, en sandputte aangebring, in ’n poging om die sinnelose sterftes te verminder.

Die pas het weer sy naam van “Poort van die Dood” verlede week gestand gedoen, toe die vier trokke binne twee dae in ongelukke betrokke was.
Inwoners wil nou dat die voorstel toegepas word, wat wyle mnr. Pikkie Coetzee, oud Lid van die Parlement, jare gelede gemaak het. Hy het voorgestel dat trokke gedwing moet word om aan die bopunt van die poort te stop.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
