News
Damvlak begin styg!
Met die geweldige baie reën in ons opvangsgebied in die Hendrina area, het die Middelburgdam van laat gister af begin styg!
Donderdagoggend het Hendrina inwoners laat weet dat hulle al 80mm gekry het, maar op Hendrina Kragstasie (Pullenshope) en omliggende areas het hulle op daardie stadium al ver oor die 100mm gemeet.
Op Middelburg moes reënmeters ook aanmekaar leeg gemaak word en is daar in sekere uitbreidings tot gisteraand tot 130mm gemeet!
Die damstand was Donderdagoggend nog 72.63%, maar damopsigter David Nonyana het vanoggend (Vrydag) laat weet dat die dam al gestyg het tot 74.39% vanoggend.
Hy sê die inloop is egter baie sterk en verwag hy dat die dam se stand nog heelwat in die volgende paar uur en oor die naweek sal klim.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
