News

Kunstenaar Wim Bosman oorlede

Wim Bosman (82), die tekenaar agter die Observer se gewilde illustrasie, “Louis die Laeveld Leeu” is verlede Donderdag oorlede.

Sy dogter, Chantal, vertel dat die Observer “Leeu” in 1974 gebore is en dus nou al 45 jaar ons inwoners weekliks laat skaterlag.

Hy het egter nie net vir ons koerant skreeusnaakse, skerp illustrasies gedoen nie. Chantal sê hy het ook vir ander koerante en tydskrifte illustrasies gedoen soos die Laevelder, Rapport, Beeld, Landbouweekblad en die tydskrif, Sarie.

Sy onthou hoe hy altyd gesê het dat sy grootste inspirasie kom vanuit sy familie, veral sy kinders se mannewales.
Chantal het haar pa beskryf as ’n persoon wat ongelooflik privaat was en baie sag.

Sy onthou ook sy besondere skilder- en skryfkuns en vaslê van daaglikse nuusgebeure en familie-geite in sy strokies. “Sy sin vir humor was ongeëwenaard en hy het selde ’n gesprek, selfs een sin geuiter, sonder dat sy humor deurgekom het.”

Mnr. Bosman word oorleef deur drie kinders, twee dogters en ‘n seun, en ses kleinkinders. Die familie het besluit om later ’n roudiens te hou, waarna hulle sy as in die Laeveld sal gaan strooi.

•Mnr. Bosman se familie het besluit om al die “Louis die Laeveld Leeu” illustrasies, wat hy reeds klaar geteken het, beskikbaar te stel vir die Middelburg Observer om nog weekliks te verskyn tot dit klaar is. Almal kan dus weer volgende week hul gewilde Leeu se mannewales bekyk.

•Die meegaande foto’s is van Wim saam met sy familie, wat sy inpirasie was vir sy illustrasies (die foto’s is goedgunstiglik deur sy dogter, Chantal, aan www.mobserver.co.za beskikbaar gestel).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button