Damopsigter David Nonyana het vanoggend bevestig dat die dam al meer as 95% vol is en dat die kompensasieklep oopgemaak is.
Weens die geweldige invloei, kon die kompensasieklep nie meer die damvlak beheer nie en is ’n sluis oopgemaak.

•Inwoners van Hendrina het laat weet dat hulle sedert die reën vroeg verlede week begin het, al meer as 210mm reën gemeet het. Op Belfast is al 160mm tot vanoggend gemeet en in Middelburg sê mense dat hulle tussen 165mm en 180mm in die verskillende uitbreidings gemeet het.

•’n Motoris het gister op die N11 (Middelburg/Hendrinapad) ’n video geneem van die sterk stroom water wat afgevloei het van Hendrina se kant na die Middelburgdam. Hy het toe reeds gesê dat die dam met hierdie massas water van daardie kant af vinnig gaan vol word.
•As jy weet van enige probleme met vloede of water wat oor paaie stroom en gevaar kan veroorsaak, stuur ’n WhatsApp (met foto’s) of SMS na 072 248 3855.
https://www.facebook.com/MiddelburgObserver/videos/462973334221946/
https://www.facebook.com/MiddelburgObserver/videos/789998694795871/
https://www.facebook.com/MiddelburgObserver/videos/2518436285060594/
