News

VIDEO: Presidentsrus vasgekeer na laagwater brug verspoel

Talle mense is vasgekeer op “die Eiland” by Presidentsrus nadat Witbankdam se sluise oopgemaak is en die laagwaterbrug, wat toegang gee tot dié buurt oorspoel is.

Daar is laat gistermiddag ’n waarskuwing uitgereik aan Olifants River Lodge na die sluise oopgemaak is, wat die gemeenskap gewaarsku het om te ontruim voor die water in die Olifants hulle bereik.

Jacky Smith, van Olifants River Lodge, het bevestig dat die waarskuwing hulle bereik het, maar het gesê dat die lodge veilig is en dat die uitgang op ’n heuwel is terwyl die rivier onder hulle lê.

Sy het die versekering gegee dat die lodge nog oop is vir besigheid en veilig is, maar het gesê dat die waarskuwing op die Presidentsrus inwoners gemik was.

Teen 18:30 gisteraand is daar bevestig dat die laagwaterbrug, wat toegang gee tot die “Eiland” buurt toe is onder die water, en dat daar wel inwoners is wat vasgevang is op die eiland.

Een van die inwoners het gesê dat hulle tydens ’n vorige geleentheid, toe die Witbankdam se sluise oopgemaak is, vir drie dae van die buitewêreld afgesluit was met die bruggie wat oorstroom het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button