News

Grobler egpaar agter tralies na ‘klagtes in stroom’

Die Grobler egpaar, waaroor daar destyds berig is nadat hulle na bewering die Doodskistwee se vroue uit geld verkul het, word nou met ’n string bedrogklagtes van regoor die land verbind.

Hulle is onlangs vir die tweede keer in net meer as ’n jaar gearresteer.

Andre en Raelize Grobler het in 2017 voorgegee dat hulle kon help om Willem Oosthuyzen en Theo Jackson op borg vrygelaat te kry. Hulle het hul hande op die mans se regslêer gekry en gedreig dat hulle dit aan die EFF en ANC Jeugliga sou lek toe die vroue hul geld teruggevra het.

’n Gedeelte van die geld is later aan die vroue terugbetaal. Die voorval blyk nou egter net die punt van die ysberg te wees.

William Nell van Track Trace Recover 24 (TTR 24) was betrokke by die ondersoek en arrestasie. Volgens hom “stroom die klagtes in” en word die egpaar nou van sowat 40 sake van bedrog en diefstal verdink.

Raelize Grobler het haarself hierdie week gaan oorhandig. Sy sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.

Die egpaar is op ’n uitstaande lasbrief, nadat hulle versuim het om in die hof te verskyn, gearresteer.

Mnr. Grobler is verlede Dinsdag gearresteer en me. Grobler het haarself hierdie Woensdag aan die polisie oorhandig. Mnr. Grobler het reeds in die hof verskyn en is borg geweier. Me. Grobler sal na verwagting Vrydag (vandag) in die hof verskyn.

Mnr. Nell sê dat hulle poog om al die sake op te spoor en by een hof en onder dieselfde ondersoek beampte te sentraliseer.

Van die beweerde bedrogklagtes beloop miljoene rande, onder andere R2 miljoen by ’n boer in die Kaap en die ondertekening van ’n R47 miljoen koopsaanbod.
Hy het mense versoek wat klagtes teen die egpaar geopen het om TTR 24 te kontak by 082 524 6161.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button