News

As hy nie wen nie, swem hy!

As die reuse Klein Sandfontein Jaxen, in kort net “Jaxen”, nie aan boerboelkompetisies deelneem nie, hou hy homself fiks deur in die swembad te baljaar.

Ontmoet Jaxen, die pragtige 90kg boerboelreun van Lititia Kruger. Sy verduidelik dat Klein Sandfontein sy teler se hokkenaam is en Jaxen sommer net sy noemnaam.

Jaxen is twee jaar en agt maande oud en ’n opreg geregistreerde boerboel (geregistreer by die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging SABBS).
Me. Kruger vertel dat hierdie honde gekeur word volgens ’n rasstandaard om te verseker dat net die beste honde mee geteel word.

Jaxen het in 2019 ’n keurpunt van 85.1% verkry, wat hom dan nou ook in aanmerking bring vir die Stoetregister. Sulke boerboele moet dan ook heup en elmboog X-strale laat doen in Pretoria, alvorens hulle tot die register toegelaat word.

Tydens keurings word ook na honde se temperament gekyk.

Jaxen was al op 10 maande die Reserwe Groot Kampioen in Middelburg vir die Mpumalangastreek en op ’n jaar (2018) was hy die Groot Kampioen Hond in die Vrystaat (Heilbron).
Die Krugers se honde gaan oral saam met hulle, selfs as hulle see en dam toe gaan.

Die swembad was egter ’n ander storie. Hulle leer gewoonlik hul honde swem van kleins af, maar Jaxen wou nie dieper ingaan nie.

“Ek het gemaak of ek verdrink en van daar af is hy ons bobaas swemmer!”

En met sy vriendelike geaardheid hou hy en die veearts ook van mekaar.

•Me. Kruger is die SABBS-verteenwoordiger vir Mpumalanga.

Sy meld dat boerboele die enigste rasegte hond vanaf Suid-Afrika is en mense word aanbeveel om die SABBS te nader, indien hulle na opregte honde in hulle area soek.

“Boerboele moet absoluut gekies word vir hulle eienaars. Dis nie die beste hond vir eerste hondeienaars nie. Hulle verg baie sosialisering, opleiding en goeie voedsame hondekos om hulle groot lywe in stand te hou.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button