Kyk na jou diere dié feesseisoen
Terwyl jy saam met familie aan allerlei lekkernye smul gedurende die feesseisoen, loop jou hond dalk in die strate rond, opsoek na iets om te eet.
Senior inspekteur, Petro Oberholzer (Bestuurder, Middelburg Dierebeskermingsvereniging), vra hierdie jaar mooi dat mense moet seker maak hul diere is versorg gedurende die feesseisoen.
Haar raad vir mense met troeteldiere, is as volg:
•As jy weet jy gaan vir ’n paar dae weg, maak seker jy het ’n betroubare persoon wat na jou diere omsien of laat jou diere by ’n dierehotel.
•Alhoewel die skiet van klappers in die dorp onwettig is, is daar tog mense wat wel klappers skiet. As jou dier bang is, tref voorsorg. Kry ’n kalmeermiddel vir die dier of hou hom in die huis.
•Sou jou dier wel in die strate beland en jy soek na hom, bel eerste die DBV om navrae te doen.
•As ’n dier by jou aankom, kontak die DBV dadelik, sodat hulle dit kan aanteken, sou die eienaar hulle gekontak het.
Die DBV se kantoorure oor die feestyd is as volg:
Hulle sal toe wees op openbare vakansiedae. Op 24 en 31 Desember is hulle oop tot 14:00 en Saterdae vanaf 09:00-12:30.
Vir na-uurse noodgevalle, bel 084 432 6278.
