News

Bejaarde se kop oopgekloof toe betreder hom aanval

'n Bejaarde is oor die kop geslaan toe hy betreders op heterdaad betrap het.

‘n Bejaarde is oor die kop geslaan toe hy betreders op heterdaad betrap het.

Mnr. Robert Jackson (76) moes steke in sy kop kry nadat hy omstreeks 03:45 vanoggend by sy woonstel in ‘n erf in Oossstraat (Middelburg Suid) aangeval is.

Hy het wakker geword van ‘n geluid by sy venster en is na buite. Die oomblik toe hy die deur oopmaak, het hy ‘n booswig gesien wat probeer om die venster oop te forseer en hy het vir hom gevra: “What are you doing.”

Die betreder het geskrik, omgespring en agter oor die muur gespring.

Mnr. Jackson wou net terugdraai om weer by die huis in te gaan, toe hy van die kant af oor die kop geslaan word.

Terwyl hy gesukkel het om tot verhaal te kom, het die aanvaller ook oor die muur gespring.

Mnr. Jackson is na die Life Midmed Hospitaal geneem waar die wond met steke geheg moes word,

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button