Almal wonder steeds oor gillende kind
Inwoners wonder steeds oor die gebeure vanoggend waar ’n blonde kleuter geskree het in ’n bakkie saam met ’n man.
Mnr. Piet de Lange het in sy erf in Jeppestraat gestaan, toe hy die gillende kind sien in die bakkie langs ’n man.
Die bakkie het voor sy erf verby gejaag en hy het gesien hoe die kind die deur probeer oopruk en die man op die kind skree.
Die voertuig het in Joubertstraat afgedraai.
Lees ook: Blonde seuntjie gil aanmekaar in jagende bakkie
Mnr. De Lange het in sy kar gespring om hulle agterna te sit, maar nadat hulle om die hoek verdwyn het, het hy nie weer die voertuig gesien nie. Die bakkie het ook te vinnig voor sy huis verbygejaag om ’n registrasienommer neer te skryf.
Hy kon wel onthou dat daar iets rooi, soos ’n drom, agterop die bakkie was.
Lees ook: Klankgreep: Ma gil “Los my kind!” terwyl man met mes haar kleuter gryp
•Rehana (Ena) Calitz Pilodia (voorsitter, Gemeenskapspolisiëringsforum) het pas bevestig dat daar tot op hede nog nie ’n ontvoering of vermiste persoon klagte by die polisie geopen is nie.
Sy vermoed dat ’n drywer moontlik die kind kleuterskool toe geneem het.
Persone wat meer inligting kan verskaf, kan haar bel by 082 415 8029.
