News

Mienkie by Middelburgdam gesteel

’n Yorkshire terriër is tydens die Desembervakansie by die Middelburgdam gesteel.

Joy-Marie Joubert sê dat hulle van 16 Desember tot na Nuwejaar by die dam gekamp het. Mienkie, hul baba hondjie, is saam dam toe.

Me. Joubert sê dat dagbesoekers met ’n boot, 26 Desember hul intrek langs hulle op die damoewer ingeneem het. Die mense het ook ’n Yorkshire terriër gehad wat heelwat ouer as Mienkie was.

Sy vertel dat die mense op ’n stadium haar hondjie geroep het en dat haar kinders vir Mienkie daar gaan haal het. Die middag het daar ’n sterk wind opgesteek en me. Joubert het besluit om gou haar wasgoed van die draad af te haal.

Toe sy ’n paar minute later terugkeer was haar hondjie, en die mense langsaan, skoonveld.

Mienkie is by die Middelburgdam gesteel.

Me. Joubert sê dat hulle reeds ’n saak by die polisie gaan oopmaak het, en ook die verdagte voertuig se besonderhede aan die polisie deurgegee het. Sy bied steeds ’n R1 000 beloning aan aan die persoon wat haar hondjie in haar hande kan terugbesorg.

“Selfs al is dit die mense wat haar gesteel het, as hulle haar vir my teruggee trek ek die saak terug. Of as hulle te bang is om haar self vir my te gee kan hulle haar by die Observer se kantoor of die DBV gaan aflaai, ek sal nie vrae vra nie, ek wil net vir Mienkie terug hê,” sê me. Joubert.

Sy sê dat sy vir lank nie ’n hond gehad het nie maar dadelik verlief geraak het op Mienkie toe sy haar die eerste keer sien.

Mienkie se ma het haar weggegooi en sy was klein en swak toe me. Joubert haar gekry het. Sy het haar met die bottel groot gemaak.

Me. Joubert kan gekontak word by 081 360 8230.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button