News

Nico, bakkie en rekenaar verdwyn

Die publiek se hulp word gevra om ’n jong man asook ’n voertuig en verskeie besittings op te spoor, wat oornag verdwyn het.

Nico du Preez (38) het by die Oorwinnaarshuis in Laersdrift gebly. Hy het egter tussen 10:00 gisteraand (Maandagaand) en 05:00 vanoggend verdwyn. Dit was egter nie al wat weg is nie.

’n Blou Volkswagen Caddy bakkie met registrasienommer CZS 442 MP, twee kanne brandstof, ’n selfoon, bossnyer, twee petrolsae, ’n hoekslyper en ’n skootrekenaar word ook vermis.

Mnr. Du Preez is oorspronklik van Middelburg.

Indien iemand hom of die voertuig sien word hulle versoek om Jannie Jacobs te kontak by 082 566 1862.

Mnr. Jacobs, wat die huis vir dwelmverslaafdes op ’n plot bedryf, was uitstedig met Du Preez se verdwyning. Hy het nou sy vakansie kortgeknip en het vanoggend laat weet dat hy op pad terug huistoe is.

Lees opvolg hier: 

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/107678/gesoekte-sak-inmekaar-toe-hy-gearresteer-word/

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button