Talle soek na geliefdes – ‘Is dit dalk my broer wat daar hang?’
Talle persone wat na geliefdes soek, het angstig gebel om uit te vind wie die man is, wat naby die gebedsoond aan ’n boom gehang het.
Alhoewel die identiteit van die man aan www.mobserver.co.za bekend is, word dit weerhou omdat hy nog nie amptelik uitgeken is nie.
Daar kon wel berusting aan verskeie mense gegee word dat dit nie hul geliefde is nie:
• Die Middelburg Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het gisteraand help soek na ’n man wat verdwyn het nadat hy gedreig het om selfmoord te pleeg.
• ’n Jong man het gebel en gesê dat ’n familielid van hulle op straat bly. Hy het die laaste tyd gedreig dat hy sy eie lewe gaan neem en hulle kon vir die afgelope paar dae nie met hom kontak maak nie.
Lees ook: Liggaam hang naby gebedsoond
• ’n Vrou het uit Pretoria gebel en gesê dat hulle na ’n oud-soldaat soek wat in Desember weggeraak het en enige leidraad, hoe verregaande ook, opvolg.
• ’n Jong vrou van eMalahleni het gebel en gesê dat haar broer nou al meer as ’n jaar vermis is. Lizaan Swart het by iemand gehoor dat hy in Middelburg bedel.
“Ons wil net weet of hy veilig is,” het sy huilend gepleit en vertel dat hy al voorheen gedreig het om selfmoord te pleeg.
Sy het gevra dat enige iemand wat haar broer, Rikus van der Walt (31) sien, of weet hoe dit met hom gaan, met haar of haar ma sal kontak maak by 060 896 3144 of 071 141 3369.
Lees opvolg berig hier:
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/107663/skoene-van-voete-gesteel-nadat-man-eie-lewe-neem/
