News

HTS Middelburg een van top skole

HTS Middelburg se matrikulante van 2019 spog met uitstekende prestasies, ’n onteenseglike bewys dat die Rooiers verseker nie nét ’n sportskool is nie, maar ook koning kraai op akademiese gebied!

Anja Erasmus is 2019 se toppresteerder met ses onderskeidings en ’n gemiddeld van 87.57% .

Die uitslae in ’n neutedop: 206 leerlinge het matriek geskryf, waarvan 205 geslaag het en die skool het ’n slaagsyfer van 99.51%.
’n Totaal van 143 slaag met vrystelling (Baccalaureus) en 184 onderskeidings is behaal.

HTS Middelburg se toppresteerders:

Sewe onderskeidings:

Quintin Cloete: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Besigheidstudies, Fisiese Wetenskap.
Adriaan Olckers: Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie, Lewenswetenskappe en Fisiese Wetenskap.

Ses onderskeidings:

Anja Erasmus: Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskap, Kuns.
Edwin Till: Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap.
Elsabet van Wyk: Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap, Kuns.

Vyf onderskeidings:

Francois Dean Birkholtz: Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Inligtingstegnologie.
Maryke de Jager (Wiskunde, Lewensoriëntering), Ingenieursgrafika en Ontwerp, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskap.
Jacqueline Janse van Vuuren (Engels, Lewensoriëntering, Besigheidstudies, Lewenswetenskappe, Toerisme.
José Kleynhans: Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Ingenieursgrafika en Ontwerp.

Vier onderskeidings:

Liam Africa: Engels, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie.
Karla Bruwer: Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde.
Chardonay Jordaan: Engels, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie.
Pierre Joubert: Engels, Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika en Ontwerp, Kuns.
Andries (Boesman) Kleyn: Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap.

Die volgende vakke behaal besonder goeie uitslae:

Engels: 206 leerlinge skryf, 22 onderskeiding en vakgemiddeld van 66.33%.

Wiskunde geletterdheid: 70 leerlinge skryf, ses onderskeidings, vakgemiddeld 64.23%.

Lewensoriëntering: 206 leerlinge skryf, 78 onderskeidings, vakgemiddeld 74.67%.

Rekeningkunde: 27 leerlinge skryf, 10 onderskeidings, vakgemiddeld 71.19%.

Rekenaartoepassingstegnoligie: 34 leerlinge skryf, agt onderskeidings, vakgemiddeld 67.71%.

Inligtingstegnologie: tien leerlinge skryf, twee onderskeidings, vakgemiddeld 62.7%.

Toerisme: 46 leerlinge skryf, 10 onderskeidings, vakgemiddeld 68.13%.

Konstruksie: 14 leerlinge skryf, een onderskeiding, vakgemiddeld 68.5%.

Pas en Masjinerie: 16 leerlinge skryf, twee onderskeidings, vakgemiddeld 66.44%.

Kuns: 19 leerlinge skryf, ses onderskeidings, vakgemiddeld 71.58%.

HTS Middelburg wens graag al hul 2019-matrikulante van harte geluk met hul uitslae.

“Mag die merkwaardige uitslae elke Rooie, van graad agt tot graad 12, aanmoedig om skouer aan die wiel te sit om ook eendag met sulke skitterende uitslae te kan spog!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button