News
Klein nuwe voetspoortjies by Laerskool Kanonkop
Laerskool Kanonkop het sy tradisionele Voetspoortjie geleentheid vanoggend by die skool gehou.

Die nuwe graad een’s is by die skool verwelkom op ’n baie spesiale manier.
Al die graad een’s stap deur die hekkie, waar klein voetspoortjies op die grond is, om te wys hulle stap hul skoolloopbaan tegemoet.
Daar is ook vir die ouers gewys waar die graad een klasse is en waarheen hulle more die haasbekkies moet vat.
•Meer foto’s van al die nuwe graad een’s van die verskillende skole, sal more op www.mobserver.co.za te siene wees.
Ouers kan ook foto’s stuur na sjani@mobserver.co.za of jana@mobserver.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
