News

Janco het in meter diep swembadwater verdrink

Janco du Toit (15), die graad 10 leerling van HTS Middelburg wat Sondag oorlede is, het verdrink.

Daar is bevestig dat die lykskouing aangedui het dat die oorsaak van sy dood verdrinking was.

Janco was besig om vissies uit sowat ’n meter diep swembad te haal, waarna hy inmekaar getrek en in die sowat meter diep water vooroor geval het.

Lees ook: HTS Middelburg seun sterf terwyl hy vissies vang in vlak swembad

Sy oom, André du Toit, het ingehardloop en dadelik met noodbehandeling begin. Paramedici het hom later ’n hartskok gegee, maar hy is kort daarna dood verklaar.

Mnr. Johann Hattingh, wat medianavrae vir sy ouers, Johan en Corné du Toit, hanteer, het bevestig dat hy weens verdrinking gesterf het.

•Die begrafnis is Vrydag om 10:00 uit die Corpus Christi gemeente.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button