News

Man takel polisievoertuig nadat sy vrou hom glo slaan

'n Man het 'n polisievoertuig met 'n byl getakel, omdat die polisie glo nie sy verklaring wou afneem, nadat sy vrou hom na bewering aangerand het nie.

‘n Ooggetuie (wat anoniem wil bly) sê hy het die man met die byl voor die Groblersdal Landdroshof opgemerk waar hy besig was om die polisievoertuig te takel.
Die ooggetuie sê die bylman het op die polisievoertuig se dak gestaan en die noodligte stukkend gekap. Hy het die man probeer kalmeer.

Die man het aangehou kap en vir die ooggetuie gesê dat hy “nie die hele storie weet nie”. Die bylman het vir hom gesê dat hy ‘n saak by die polisiekantoor wou open omdat sy vrou hom geslaan het, maar dat die lede by die polisiestasie nie die saak wou oopmaak nie.

Kort hierna het ‘n polisiebeampte gesien wat aan die gebeur is en in ‘n stoeiery betrokke geraak om die byl af te neem. Hy het geringe beserings op sy regterskouer opgedoen.

Die ooggetuie het die polisiebeampte gehelp om die man plat te trek en te arresteer.

•A/o Stanley Magaela (polisiewoordvoerder) sê dat hul nie weet hoekom die man die voertuig beskadig het nie, maar dat hul hom vir sielkundige toetse sal stuur.

Emmanuel Mokwana (30) is aangekla vir opsetlike saakbeskadiging, asook aanranding met die opset om te beseer. Hy het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel tot ’n latere datum.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button