News
Toeriste beseer in ongeluk met toerbus en trok
Twee toeriste, een van Skotland en een van Australië, is vanmiddag afgevoer na die Life Midmed Hospitaal op Middelburg na ’n ongeluk tussen ’n Safari Toerbus en ’n trok.

Die ongeluk het omstreeks 14:00 plaasgevind, sowat vyf kilometer buite Dullstroom op die Lydenburgpad.
Na wat verneem word het die trok in die die mistige, reënerige weer die pad verlaat, maar het die sleepwa nog half in die pad gestaan. Die bus, met 17 insittendes, het die sleepwa getref.

Buiten die twee toeriste wat afgevoer is hospitaal toe, is al die ander insittendes in die bus, asook die trokbestuurder ongedeerd.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
