News

Inwoners stry oor “liefdevolle” Knoesen

Harry Knoesen, en drie mede-beskuldigdes het vlugtig in die Middelburg Landdroshof verskyn.

Knoesen tesame met Riana Heymans (54), Eric Abrams (55) en Errol Abrams (49), word aangekla van terrorisme.

Knoesen is in November 2019 in Middelburg gearresteer terwyl sy mede-beskuldigdes dae later in Gauteng aangekeer is.

Lees ook: “Haat-pastoor” Harry Knoesen aangekla van terrorisme 

Brigadier Hangwani Mulaudzi, die Valke se woordvoerder, het destyds gesê dat die arrestasies volg op ‘n twee jaar-lange ondersoek. Knoesen het vroeg in 2019 uitlatings op Facebook videos gemaak waarin hy ‘n oproep op “blankes gedoen het om hom te volg om beheer van die land oor te neem”.

Die saak is tot in Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Lees ook: Outrage over war talks

Intussen woed daar ’n hewige debat op die dorp oor Knoesen.

Hy is in ’n brief aangevat deur Hein van den Berg, wat sê hy het Knoesen gewaarsku oor sy optrede, terwyl nog ’n leser vir hom skerm en sê hy is ’n liefdevolle man wat sy laaste besittings vir minderbevoorregtes sou gee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button