News

Geen padversperrings tussen Groblersdal en Marble Hall

Gerugte dat daar padversperrings tussen Groblersdal en Marble Hall op die N11 is, is onwaar. 

Die gerugte, dat daar informele tolhekke tussen die twee dorpe opgerig is, waar jy moet betaal of jou motor word beskadig, het soos ’n veldbrand versprei nadat dit vanoggend op ’n radiostasie genoem is.

Kobus Hildebrand van die Groblersdal Buurtwag en Landelike Veiligheid, sê dat die inligting heeltemal onakkuraat is. Hy sê dat daar wel voorvalle by Dennilton, tussen Groblersdal en Bronkhorstpruit, en by Motteti, tussen Marble Hall en Pretoria, aangemeld is maar dat dit minstens 30 km weg is.

Volgens mnr. Hildebrand was daar betogings by die bogenoemde plekke en is die paaie gesluit. “Innoverende” inwoners het motoriste geld gevra om boomstompe oor die pad te verwyder en dan vir hulle gelag as hulle ’n ruk later in elkgeval teruggejaag gekom het as hulle in die betogende skares vasry.

“Hier is geen voorvalle aangemeld op die N11 of die Vaalfontein pad tussen Groblersdal en Marble Hall nie,” sê mnr. Hildebrand. Hy sê dat hy vermoed die persoon wat die voorvalle aangemeld het, was nie vertroud met die omgewing nie en het daarom die verkeerde ligging gegee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button