News
GRAFIESE INHOUD: Dragtige renosterkoei wreed deur stropers op wildsplaas afgemaai
’n Dragtige renosterkoei is vanoggend in die vroeë ure op die plaas van mnr. Gerrie Gerrits naby Marble Hall deur stropers doodgemaak vir haar horing.

Die koei moes die week gekalf het.
Sy is wreed vankant gemaak deur die stropers wat feitlik haar hele gesig weg gekap het vir die horing.

’n Spesialis taakspan van die polisie se teenstroopeenheid en die parkeraad se forensiese ondersoekers is tans op die toneel.
Mnr. Gerrits is ’n bekende sakeman van Middelburg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
