News

NIE VIR SENSITIEWES: Forenseise ondersoek toon gestroopte renosterkoei reeds ver dragtig

Na deeglike ondersoek is bevestig dat die renosterkoei wat op die wildsplaas van mnr. Gerrie Gerrits in die Marble Hall omgewing Maandagmore gestroop is, reeds ver dragtig was.

Die kalf is tydens ’n forensiese ondersoek verwyder.

Mnr. Gerrits sê dat die koei gedurende Sondagnag en Maandagmore wreed op die plaas doodgemaak is vir haar horing. Die koei is so wreed in die gesig gekap, dat sy feitlik onherkenbaar gelaat is.

Lees ook: Dragtige renosterkoei wreed deur stropers op wildsplaas afgemaai

Spesialis polisie ondersoekers en die parkeraad se forensiese span is tans nog besig met die ondersoek.

Intussen is die spoor van die stropers gekry en word daar nou na die wreedaards gesoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button