News
KYK: Legendariese oom Tom (84) draf lag-lag die luiaards weg
Op die wyse ouderdom van 84, trek oom Tom Markram nog elke oggend 06:00 sy tekkies aan om 2,4 km te gaan draf.
Oom Tom is baie bekend onder inwoners, nadat hy vir jare lank geboer het in die Loskop vallei.
Hy moes sy plaas verlaat nadat hy wreed aangeval is en bly nou vir sy eie veiligheid by die SAVF tehuis vir bejaardes.
Lees ook: Boer glo Hoër Hand het hom en dogter tydens aanval beskerm
Ten spyte van die beserings wat hy opgedoen het tydens die plaasaanval, is oom Tom nog fiks en sterk genoeg om sy daaglikse oefensessie in te kry.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
