News
Riool stroom vir vier dae in straat af
Die riool wat nou al vir vier dae in Pleinstraat afspoel, is meer as net ’n ongerief vir inwoners.

Nie net stink dit nie, maar is ook onhigiënies met riool wat in erwe opstoot.
Een inwoner het laat weet dat die riool nou al van Vrydagmiddag af in die pad afstroom.

Die oorsprong van die stroom lyk of dit van agter die Somerset Gardens meenthuise afkom, want plasse riool staan op die perseel.
Die inwoner, wat anoniem wil bly, het laat weet dat die stadsraad Sondag daar was, maar teen Maandagmiddag het dit nog sterk gevloei en by ’n stormwaterdrein afgeloop.
www.mobserver.co.za het die munisipaliteit gekontak en wag nog vir terugvoer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
