News

Stukkie geskiedenis keer terug na ou Witkerk

Die eeue oue Witkerk, wat as historiese baken deur die dorp se inwoners gekoester word, het 'n geskiedkundige foto ontvang, wat 'n bydrae lewer tot Middelburg se fassinerende storie.

Die bekroonde foto deur Middelburg Observer redakteur, Tobie van den Bergh, is in die vroeë negentigerjare geneem in die midde van politieke onrus, toe die ANC hulle eerste vergadering gehou het in die stadsaal, wat reg oorkant die Witkerk was. ‘n Groep regsgesinde inwoners het die sprekers met geweld uit die stadsaal gegooi.

‘n Verbruikersboikot, wat die dorp lamgelê het en onluste het gevolg.

Militêre troepe moes oor die dorp waak, en die foto wys ‘n soldaat met sy R1 geweer in die hand, wat oor die Witkerk uitkyk.

‘n Week later het die president van die Reserwebank, Tito Mboweni, die eerste ANC spreker geword wat in die stadsaal opgetree het.

Ds. Anton Kemp en dr Kobus Terblanché het die skenking ontvang, en die foto sal deel raak van die Witkerk se historiese samestelling.

•’n Vorige redakteur van die Middelburg Observer, Jack Frewin, het ‘n ikoniese foto van die Witkerk geneem, wat later in die Suid-Afrikaanse Ambassade in Londen gepryk het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button