News

Beserkte byt sekuriteitswag probeer brand begin by McDonald’s

’n Beserkte dief het pas ’n sekuriteitswag van McDonald’s gebyt en probeer om dié gewilde kitskosrestaurant aan die brand te steek.

Met lede van die sekuriteitsmaatskappy, Mid Alarms, se aankoms op die toneel, het hulle dwelms by die verdagte gevind en het hy vir hulle gesê dit is die mengdwelm, nyaope.

Die drama het begin toe die verdagte opgemerk is waar hy na bewering ’n selfoon en beursie van een van die personeellede gesteel het.
Die man is agterna gesit en in Cowen Ntulistraat gearresteer.

Hulle het hom op die perseel gehou, maar hy het net ’n klein rukkie gesit, toe hy skielik soos ’n beserkte dier opgespring en die sekuriteitswag op die bors gebyt het.

Daarna het hy met ’n aansteker bokse en ander vlambare artikels aan die brand gesteek. Dit is gelukkig gou met ’n brandblusser geblus.

•Nyaope is ook bekend as whoonga or wunga en is hoogs verslawend. Heroïne en dagga word gemeng om die dwelm te vervaardig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button