Fanus se kar is waar hy hoort
Mnr. Japie Grimbeek is op die ouderdom van 80 ’n sprekende voorbeeld dat dit nooit te laat is om te droom nie.
Terwyl meeste seuntjies droom oor splinternuwe karre met elektroniese vensters en opvou dakke, het mnr. Grimbeek gedroom oor ’n ouer kar: ’n 1928 Ford Model A.
Die Ford, wat een van twee is in Suid-Afrika, het in 1964 nuus gemaak nadat dit aan die bekende radio-omroeper en komediant, Fanus Rautenbach, oorhandig is deur die stadsraad.
Fanus se kar, nou bekend as oom Japie se kar, het intussen baie hande geruil, waar sy oorspronklik gekoop is teen ’n prys van 42 pond.
Oom Japie Grimbeek vertel hoe dit nog altyd ’n droom was om so ’n Fordjie te besit, en hoewel hy jare lank gespook het om hierdie spesifieke Ford op te spoor, het hy op die ou einde geslaag om dit te koop by die munisipaliteit.
Na ’n driejaar-lange reis, en met die hulp van Victor Henning en Eugene Birkholtz, is oom Japie se Ford ten volle gerestoureer, met oorspronklike Ford parte wat ingevoer is uit Amerika, en hierdie geskiedkundige motor word behoue vir die gemeenskap om te deel, by Victor Henning se Motor Museum.
Lees meer oor die volle geskiedenis van oom Japie se Ford in hierdie Vrydag se uitgawe van die Middelburg Observer, en kyk gerus na ons video materiaal van oom Japie en sy nuwe – of sal ons sê ou – Ford!
