News
Knoesen laat vaar borgaansoek
Pastoor Harry Knoesen het sy borgaansoek, wat hierdie week sou plaasvind, skielik laat vaar.
Knoesen, wat saam met Riana Heymans, Errol Abram en Eric Abram van terrorisme aangekla word, sou formeel om borg aansoek gedoen het in die Middelburg Landdroshof.
Knoesen is einde November verlede jaar by sy huis gearresteer. Sy mede-beskuldigdes is dae daarna aangekeer. Die staat beweer dat hulle onder andere aanvalle op verskeie sleutelpunte en ook by ’n informele nedersetting beplan het.
Die Abram broers se borgaansoek was onsuksesvol. Knoesen, wat Dinsdag om borg aansoek sou doen, het die dag van sy hofverskyning laat weet dat hy sy borgaansoek laat vaar.
Al vier beskuldigdes sal weer aan die einde van die maand in die hof verskyn.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
