News

Kokkedoor finalis, Pieter Malan, getuig van genade na botsing

Pieter Malan, die oud HTS Middelburg leerling wat verlede jaar onder die top drie geëindig het in die kykNET koswerklikheidsreeks, Kokkedoor, sterk tuis aan nadat hy gisteraand in ’n motorbotsing betrokke was.

Hy was van Johannesburg, waar hy tans besig is met opnames vir sy aanlyn-koskletsprogram, #PappaChefShow, wat in samewerking met radiostasies regdeur die land aangebied word, onderweg na sy tuisdorp Witrivier toe.

“Jesus U genade is onbeskryflik groot. Hierdie #PappaChef het gisteraand baie groot geskrik. Ek het beheer van my motor verloor en ’n lamppaal en muur rakelings gemis. Die kar se voorwiel het gebars toe ek in die sirkel bots,” vertel hy.

Hy het bykans die heelnag, van 19:00, in ongevalle deurgebring waar hy omstreeks 02:30 ontslaan is.

Hy bedank almal wat behulpsaam was met die opruim van die toneel, en diegene wat sy vrou en kinders bygestaan het.

Pieter is vol lof oor ER24 se noodbehandeling, en die professionale diens van dokters en ondersteuningspersoneel by Nelspruit Mediclinic se ongevalle.
Sy vrou Michélle is tans swanger met hul tweede baba.

“As die Here nog nie klaar is met jou nie, is Hy nog nie klaar met jou nie! Ek begin elke produksieweek met ’n gebed vir Sy beskerming en vandag getuig ek van Sy bonatuurlike genade,” sê #PappaChef.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button