News

Ondersoek ’n verleentheid vir polisie

’n Klein seuntjie soek ’n pappa van staal “wat nie kan doodgaan nie”.

Sy pappa, Gerhard Coetzer (29), is voor sy oë deur ’n partytjieganger doodgeskiet.

’n Maklike saak om op te los?

Nie vir die Middelburg Polisie nie!

Die familie is met elke navraag laat weet dat die dossier by die aanklaers is vir beslissing, terwyl die dossier verlede jaar Augustus al teruggestuur is vir die ondersoekbeampte. Ses maande later en die ondersoek is steeds nie afgehandel nie.

Die ondersoek na Coetzer se dood kan net in een woord beskryf word: ’n verleentheid!

Lees ook: What really happened when Gerhard Coetzer was shot and killed

•Daar is nie op die toneel balistiese toetse gedoen om te kyk vir geweerresidu op die teenwoordiges se hande nie.

•Van die mense het voor die polisie opgedaag, van die toneel af verdwyn en weer teruggekom. Van hulle het ook gery, terwyl die polisie nog besig was op die toneel met hul ondersoek.

•Die wapen is nooit opgespoor nie.

•Die polisie het destyds bevestig dat ’n koeëlpunt na die gebeure in ’n buitekamer gevind is, waar dit deur ’n venster gegaan het. Niemand weet wat van hierdie inligting geword het nie.

Lees ook: Vrou vra vir logika

•Die vrou was aanvanklik bang om op die toneel van die ander teenwoordiges se verklarings te verskil, aangesien sy gedreig is om stil te bly, “anders gaan hy sê ek het hom geskiet.” Kort daarna is sy polisie toe om die waarheid te vertel, maar hulle wou haar nie glo nie.

•Nog ’n persoon het kort na die gebeure na vore gekom en gesê dat dieselfde persoon vantevore ook met die wapen gespeel het tydens ’n partytjie waar die alkohol gevloei het. Dit blyk dat hierdie inligting nooit opgevolg is nie.

•Die familie is met elke navraag by die polisie laat weet dat die dossier by die aanklaers is vir beslissing. Die waarheid is egter dat die dossier verlede jaar Augustus al teruggestuur is vir die ondersoekbeampte.

Lees ook: Weduwee sukkel om kop bo water te hou

Kapt. Khanyisile Zwane (mediawoordvoerder) het gesê “een van die redes” waarom die dossier teruggestuur is “vir verdere ondersoek”, is omdat die ondersoekbeampte moet uitvind of die persone op die toneel vuurwapenlisensies gehad het! Sy het nie voor druktyd geweet of die dossier al weer terug gestuur is na die aanklaers vir beslissing nie.

“Ons het nie eers geweet die dossier is teruggestuur vir die ondersoekbeampte nie. Kon hy in meer as ’n jaar nie hierdie basiese inligting gekry het nie? Hoekom is die mense en kinders by die partytjie ook nie weer ondervra nie? Hulle sal nie kan volhou met die leuen nie.”

Intussen is twee kleutertjies van hul pa ontneem en moet ’n jong ma hulle alleen grootmaak, omdat ’n persoon onverantwoordelik met ’n wapen opgetree en daaroor gelieg het. En daardie persoon loop vry rond, omdat die polisie nie ’n behoorlike ondersoek gedoen het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button