Ma wat verdwyn met kinders nog nie opgespoor
Die Middelburg CMR en polisie is nogsteeds opsoek na ’n ma wat met haar drie seuntjies op Kersdag verdwyn het.
Maryka Matthee (31), word gesoek nadat sy ’n hofbevel geïgnoreer het toe sy toestemming gehad het om haar drie seuntjies oor Kersdag te besoek.
Die drie seuntjies van sewe, drie en twee jaar oud, is verlede jaar September uit haar sorg verwyder.
Lees ook: Ma verdwyn met kinders
Me. Linette de Preez, maatskaplike werker by die CMR, sê hulle het toestemming van die kinderhof gekry dat die ma se besonderhede gepubliseer mag word in ’n poging om haar op te spoor.
Lees ook: Waarom en wanneer word kinders van ouers gevat?
Sy is intussen nog nie gevind nie en daar word verneem dat sy by familie skuil.
Enigeiemand wie vir Matthee of haar kinders opmerk, word gevra dat hulle me. Du Preez of me. Margaret Siebert (Middelburg CMR) moet bel by 013 282 7261\2 of me. Cherise Steenkamp (Rustenburg CMR) by 014 000 2151 of die ondersoekbeampte, sers. January Mahlangu by 083 976 8553.
