News

Reaksie offisiere kry gesteelde motorfiets in bosse

Die harde werk van twee Mid Alarms reaksie offisiere het vrugte afgewerp, nadat hulle binne ure, ’n gesteelde motorfiets in bosse opgespoor het.

Daar is in die vroeë oggendure Donderdag by ’n huis in Langenhovenstraat ingebreek, waar boewe weggekom het met die inwoner se BMW motorfiets.
Mid Alarms is na die huis.

Shane van Rooyen, een van die reaksie offisiere, vertel dat hulle buite die erf, sleepmerke gesien het.

Shane en sy kollega het die sleepmerke gevolg, en na ’n kilometer se spoorsny, die gesteelde motorfiets tussen Gholfsig en Mhluzi in die bosse gevind.

Die boewe het die motorfiets probeer wegsteek deur takke bo op te pak, en het reeds begin om die motorfiets uit mekaar te haal.

Al die ekstras van die motorfiets is afgesteel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button