News

Berede-eenheid met perde in ongeluk

Die Middelburg polisie se berede-eenheid het ’n noue ontkoming gehad toe een van hul voertuie, wat ’n waentjie met perde in gesleep het, Sondagmiddag met ’n TRAC voertuig gebots het op die N4 in Schoemanskloof.

Volgens TRAC se segsvrou, Solange Soares, was een van hul reaksievoertuie op ’n toneel waar ’n polisievoertuig beheer verloor en deur die sperrelings gejaag het. Drie persone is tydens die eerste ongeluk beseer. Dit is egter nie bekend van waar die polisievoertuig afkomstig was nie.

Die TRAC voertuig het in die noodbaan gestaan toe ’n tweede polisievoertuig om die draai kom, beheer verloor en met die stilstaande voertuig bots.

Wonder bo wonder het die bestuurder van die voertuig, wat die perdewaentjie gesleep het, daarin geslaag om te verhoed dat dit omslaan. Die Nelspruit Dierebeskermingsvereniging het hul na die toneel gehaas, om na die welstand van die perde te verneem.

Me. Soares sê dat die pad vir ’n geruime tyd gesluit was, sodat ’n veearts die diere kon ondersoek en seker maak dat hulle nie ernstig beseer is nie. Die perde is daarna in ’n ander waentjie, wat na die toneel ontbied is, gelaai. Niemand anders het beserings opgedoen nie.

Die Nelspruit DBV het in ’n Facebookplasing gesê dat hulle die Middelburg berede-eenheid wil prys vir hul goed versorgde perde en vir hoe sagkens hulle met die diere gewerk het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button