News

Suzuki gesteel in Aerorand

Diefstalle van motorfietse is aan die styg.

Mnr. Johan Windell se Suzuki GSXR was gisternag uit sy motorhuis in Aerorand gesteel.

Johan vertel dat die diewe deur een van die klein venstertjies in sy motorhuis geklim het nadat die diefwering afgebreek oopgebreek is.
Sy elektriese heining is ook geknip, en die deur na sy motorhuis was oopgebreek.

Johan sê dat sy vrou ’n baie ligte slaper is, maar niks gehoor het nie.

“Die motorhuis is naby ons badkamer, en my vrou het vroeër die aand vir my kom sê sy kon sweer sy het ’n man by die badkamer venster gesien.”

Lees ook: Reaksie offisiere kry gesteelde motorfiets in bosse

“My vrou slaap baie lig en sal my deur die aand gereeld wakker maak as sy iets hoor, dan gaan kyk ek.”

Die motorfiets se waarde is R80 000.

’n Saak is aangemeld by die polisie. Johan sê hy weet die boewe bêre soms die gesteelde motorfietse in bosse voordat hulle dit gaan haal.

Inwoners met inligting oor die motorfiets kan hom skakel by 063 654 7873.

• Daar was verlede Donderdag nog ’n voorval waar ’n BMW gesteel is in die Gholfsig area. Danksy MidAlarms kon die motorfiets opgespoor word. Die motorfiets was in bosse versteek, waar hy reeds van parte gestroop was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button