News

Geen koronavirus gevalle in Middelburg

Gerugte dat daar ’n pasiënt is wat positief getoets het vir die gevreesde COVID-19 koronavirus in Middelburg, is onwaar.

Die gerugte volg kort op die hakke van onlangse fopnuus dat vier persone in eMalahleni positief getoets het vir die koronavirus en in die Witbank Hospitaal behandel word.

Die LP vir die Departement Gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het bevestig dat daar tans geen gevalle van die virus in die provinsie aangemeld is nie.

Die Departement van Gesondheid het onlangs hospitale in elke provinsie aangewys wat as isolasiesentrums sal dien waarheen pasiënte wat positief toets vir COVID-19 heen gestuur sal word. Geen gevalle sal by ander hospitale opgeneem word nie.

Die Rob Ferreira Provinsiale Hospitaal in Mbombela is as Mpumalanga se isolasiesentrum aangewys.

Om dop te hou hoeveel gevalle daar wêreldwyd aangemeld is, watter lande geaffekteer word en vir inligting soos hoeveel sterfgevalle daar in elke land is, gaan na die skakel www.worldometers.info/coronavirus.

Volgens die webwerf en ook gister tydens ’n persverklaring deur die Minister van Gesondheid, dr Zweli Mkhize, is daar tans sewe bevestigde gevalle van mense wat positief getoets het vir COVID-19 in Suid-Afrika. Al die mense was op dieselfde toer na Italië.

Besoek die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se webwerf www.nicd.ac.za waar alle plaaslike persverklarings gepubliseer word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button