News
Middelburg vrou toets negatief vir koronavirus – skool more weer oop
Die vrou wat in Middelburg vir die koronavirus getoets is, is negatief.
’n Privaat skool op die dorp se hoof het besluit om die skool vir veiligheid te sluit tot die vrou, wat ’n ouer by die skool is, se toetsuitslae bekend is.
Lees ook: Middelburg skool gesluit oor koronavirus vrees
Die vrou was vandag self by die Middelburg Observer se kantoor. Sy het bevestig dat sy getoets is en dat haar uitslae negatief is.
Sy het ook gesê dat sy versoek het dat die skool vir veiligheid gesluit word.
Daar is intussen by die skoolhoof bevestig dat sy verwittig is dat die toetsuitslae negatief is. Die skool sal more weer sy deure opmaak en voortgaan soos normaal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
