News

“Nee, ek kyk net!”

Johnny’s Bargain World het ’n gewilde nuwe kyk- en koopervaring op die dorp begin

Gewilde televisieprogramme soos Pawn Stars kan die persepsie laat ontstaan dat Johnny’s Bargain World ’n pandjieswinkel is waar jy items kan verpand.

Johnny Venter en sy bekwame personeel is egter nie in die pandbesigheid nie, maar koop en verkoop.

Sy winkels het ’n nuwe dimensie in die dorp se ekonomie geskep.

Wanneer besittings kontant word

Eerstens, is daar mense wat skielik geld nodig het en dan ’n besitting gaan verkoop.

Daar is talle wat verhuis en dan dringend van besittings ontslae wil raak.

Veral mense wat die laaste paar jaar oorsee verhuis het, het ’n tuiste vir hulle meubels en ander items by Johnny’n Bargain World gevind.

Meer as net koop en verkoop

Sy konsep het ook ’n nuwe koopervaring op die dorp tot stand laat kom. Mense spandeer ure in sy winkels, wat enigiets verkoop van ’n antieke meubelstuk tot duursame horlosies of hengelgerei.

Hulle koop nie net nie, maar kyk en verstom hulle aan wat alles in die winkel is. Personeel moet elke dag hoor: “Nee, ek kyk net!”

Terwyl Observerbesig was met ’n onderhoud by sy Rivierstraat-winkel, het ’n klant by die winkel ingekom met ’n sak ou munte. Binne vyf minute is daar oor die prys ooreengekom en het die klant met ’n breë glimlag by die winkel uitgestap, kontant in die sak.

Geen gekibbel, hand geskud … siedaar!

Laat jou besigheid raakgesien word

Indien daar ander besighede is wat van Observerse wye bemarkingsgeleenthede gebruik wil maak, kan hulle die volgende persone skakel:

  • Sonja Botha – 082 705 3952
  • Leani Liebenberg – 073 005 9844
  • Miranda Simelane – 081 571 4262
  • Taryn Webb – 072 277 5693
@middelburgobserver

ADVERTENSIE | Hier is wat Johnny Venter van Johnny’s Bargain World verkoop middelburgobserver middelburg mpumalanga #johnnysbargainworld #shoplocal #localbusiness @johnnys.bargain.w

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button