News

Vanwaar die krokodille?

'n Nyl-krokodil het Dinsdag in Robertsonlaan (Groblersdal) in die straat afgestap.

Dié jong krokodil is ongeveer 1.2m lank en is op die hoek van Robertson-en Elandlaan gesien.

Niemand kon tot op hede vasstel waar die krokodil vandaan kom of hoe hy sy weg gevind het tot in die dorp nie.
Gunmar Sekuriteit is deur inwoners gekontak om die reptiel te verwyder.

•Daar was twee voorvalle tydens Januarie en Februarie waar krokodille op die N4 gekry is.

Lees ook: Motorists find tied up crocodile on N4

www.mobserver.co.za het in Februarie berig oor ‘n krokodil langs die N4 naby die Arnot afrit.
Die krokodil se pote was vasgebind en sy bek met maskeerband toegeplak.

Die Witbank Nuus het berig oor ‘n krokodil wat gekry is naby die Ogies afrit.
‘n Motoris het sy voertuig afgetrek toe hy voel hy het bo oor iets gery.

Toe die motoris uitklim, toe ondek hy ‘n krokodil wat ook vasgebind was.

Na die twee gevalle, was daar verneem dat daar ‘n moonlikheid van diere smokkelry aan die gang is en dat smokkelaars dalk die diere langs die pad afgooi.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button