News

Jong man sterf in kamer

’n Jong man wat twee keer sy vriend se lewe gered het, is dood in ’n kamer in Hoopstraat gekry.

Die 25-jarige man, wie se naam op versoek van sy familie weerhou word, is deur die persoon vir wie hy werk in die kamer gekry.

Kapt. Khanyisile Zwane (polisiewoordvoerder) het bevestig dat ’n jong man dood gekry is. Daar was beserings aan sy lyf, asof hy aangerand is.
Kapt. Zwane het gesê dat hulle nie kan sê waaraan die jong man dood is, alvorens die geregtelike doodsondersoek nie voltooi is nie.

Past. Jannie Jacobs (Oorwinnaars Halfweghuis) was hartseer toe hy verneem van die jong man se dood. Hy het hom persoonlik geken.
Wat past. Jacobs spesifiek van hom onthou, is die feit dat hy ’n omgeemens was.

Lees ook: Pastoor sê hy sal aanhou werk met verslaafdes op straat

“Hy het by twee geleenthede sy vriend se lewe gered. Hulle het eenkeer langs die pad geloop en het hy sy vriend, wat hoog was van dwelms, se lewe gered deur hom uit die pad te stamp van ’n aankomende vragmotor. Die ander keer het hy by my hulp kom soek toe sy vriend opgehou asemhaal het.”.

Past. Jacobs onthou die dag, ’n paar jaar gelede, soos gister.

Die jong man het by die Oorwinnaarshuis ingehardloop gekom en gesê sy vriend lê dood in die bosse, pastoor Jacobs moet kom help.
Past. Jacobs sê hy was besig om Bybelstudie te doen en was sonder skoene.

Lees ook: Ouma is lus en vaar die strate in

Hy het egter so, sonder skoene, uitgehardloop saam met hom en met sy voertuig gejaag na waar hy beduie het. In die kar het hulle gebid dat sy vriend se lewe gespaar word.

Die jong man het hom laat stop in die area naby die ou begraafplaas in Gholfsig, waar hy vooruit die bosse in gehardloop het.

Past. Jacobs het gevoel hoe die dorings sy kaal voete steek, maar hy het agterna gehardloop en by die jong man gebuk wat mond-tot-mond asemhaling gedoen het.

Past. Jacobs het by hom weg gestoot en dadelik gevoel dat die man op die grond ’n flou pols het. Hy het hom op sy skouers getel, weer deur die dorings na sy kar gehardloop en het hom na die Middelburg Hospitaal afgevoer.

“Die persoon wie hy daardie dag in die bosse gehelp het, was drie dae in die hospitaal, maar hy het oorleef. Hy het sy lewe gered.”

•Sy familie het gesê dat “hy baie hulpvaardig was en homself te na sou kom om ander te help. Hy was ’n liefdevolle seun met ’n sagte hart.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button