News

Koronaverbod = geen vermaak in Middelburg

Die drastiese maatreëls wat geneem is om die verspreiding van die koronavirus te probeer vertraag, beteken dat alle plaaslik beplande konserte deur vermaaklikheidskunstenaars ook van die baan af is.

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat verskeie maatreëls, waaronder skole wat vroeër sluit en ’n verbod op die bymekaarkoms van meer as 100 mense, nou geld. Dit nadat die koronavirus gevalle in Suid-Afrika in net tien dae tot 61 vermeerder het.

Ben van der Merwe van Event City sê dat Nicolis Louw die 4de April op die verhoog sou wees. Die konsert sal nie kan plaasvind weens die verbod op 100 of meer mense bymekaar nie.

Mnr. Van der Merwe sê dat die virus en gisteraand se aankondiging ’n reuse knou vir die ekonomie gaan wees.

“As dinge vererger en hulle maak die dorp toe, gaan Middelburg ’n spookdorp word wat nie maklik weer gaan herstel nie. Meeste besighede leef klaar van die hand tot die mond,” waarsku hy.

Hy sê dat hulle vandag vergaderings sal hou om die weg vorentoe te bepaal, met die geaffekteerde kunstenaars en ook oor ander beplande konserte verder op die kalender.

Mnr. Van der Merwe sê dat buiten vir die ooglopende goed, daar nou ander uitgawes is soos ’n pak stofmaskers wat se prys van R65 na R800 gespring het.

“Het jy al gedink wat ’n ou op ’n myn nou moet doen wat vir al sy werkers stofmaskers moet gee? Hy moet nou amper die helfde van sy profyt betaal net aan maskers!”

Phillip Heyns van Rustique sê dat hulle ook noodgedwonge hul konserte sal moet uitstel tot verdere kennisgewing. Hy sê dat Snotkop op 27 Maart sou optree en

daarna Reënwolf (Danie du Toit) sy digbundel ‘Warmer voor die tuimeldroeër’ sou kom bekendstel. Daar is reeds meer as 300 kaartjies vir die Snotkop vertoning verkoop.

Hy sal ook eers later in die dag weet wat die weg vorentoe is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button